Farms

LEEFSTYL – PLAASEIENDOM in Baviaanshoek, Ceres

* Alle fotos geneem vanaf eiendom (berge nie deel van eiendom)

Ons bied u graag die geleentheid om hierdie besonderse stukkie plaasgrond te bekom.

Toegevou tussen die berge in die hartjie van die Baviaanshoek, Ceres, lê Gedeelte 7 van die Plaas Hoop en Uitkomst, slegs ongeveer 45 km vanaf Ceres.

 

1. UITSTAANDE KENMERKE

  • Pragtige ligging slegs 40 minute vanaf Ceres en 2,5 h vanaf Kaapstad
  • 39,6119 (Nege en Dertig komma ses een een nege) hektaar
  • Maklik bereikbaar met teerpad en ‘n gedeelte baie goeie grondpad
  • Helder naghemel vir sterrekyk
  • Vars drinkwater
  • Sneeu in winter
  • Pragtige natuurskoon
  • Uiters gesonde klimaat vir mens, plant en dier

Sulke relatief klein eiendomme in ‘n landbou-omgewing is skaars a.g.v die verbod op onderverdeling van landbougrond en bied hierdie eiendom die koper die geleentheid om vir dieselfde ervaring en uitsig, iets bekostigbaar te koop, sonder om te betaal vir onnodige ongebruikte hektare wat nie vir leefstyldoeleindes benut kan word nie.

 

2. BESKRYWING

GEDEELTE 7 VAN DIE PLAAS HOOP EN UITKOMST NOMMER 279 In die Witzenberg Munisipaliteit, Afdeling Ceres, Provinsie Wes-Kaap.

GROOT: 39,6119 (Drie Nege komma Ses Een Een Nege) hektaar

Geleë ongeveer 45 km van Ceres, ten noorde van die Baviaansberg.

Die plaas kan bereik word via Ceres, Theronsbergpas, Droëhoekpad of via Ceres, Prins Alfred Hamlet, die Gydopas en Koue Bokkeveld area. Beide roetes vanaf Ceres is ongeveer 45 km met die grootste gedeelte goeie teerpad en slegs die laaste ongeveer 20 km ‘n goeie grondpad.

Die hoogliggende Koue Bokkeveld area is bekend vir sy gesonde klimaat en die betrokke area waarin die plaas geleë is, is al deur perdetelers en ander kundiges beskryf as die gesondste klimaat vir mens, plant en dier.

 

3. MOONTLIKE AANWENDING

Leefstyl, leefstyl, leefstyl:

Die eiendom is ideaal om u eie huis te bou as naweekwegkomplek of om saam met vriende te koop en ‘n huis te deel of elkeen sy/haar eie huis te bou.

Weens grootte van die eiendom word kommersiële boerderybedrywighede nie aanbeveel nie en word die eiendom nie bemark as landbougrond vir boerderydoeleindes nie. Die voornemende koper moet iemand wees wat die natuurskoon waardeer en graag op sy eie plasie ‘n huis/e wil bou om op sy stoep te sit met ‘n glas wyn en die berge en sonsondergange te waardeer en saans die sterre te bewonder.

Een van die voordele van die eiendom is dat dit oor geen huise of geboue beskik nie en ‘n koper kan self die posisie, grootte en argitektuur van sy huis beplan.

Daar is ook maklike toegang tot openbare grondpaaie wat heelwat fietsry-, draf-en staproetes bied en kan die aanliggende berge ook verken word met toestemming van aanliggende eienaars.

Toerisme:

Die eiendom is ook uiters geskik om vir toerismedoeleindes ontwikkel te word, sou die koper een of meer huise vir vakansie – en naweekverhuringsdoeleindes wou bou.

Dit is ook van groot waarde dat die plaas baie nader aan Kaapstad is as ander Karoo-tipe plase wat vir leefstyl-of toerismedoeleindes ontwikkel word en dat dit maklik en vining bereikbaar is.

Die berge, natuurskoon en gesonde klimaat maak dit ‘n gesogte wegbreekbestemming.

 

4. WATER

  • Boorgat Genoeg water vir huishoudelike gebruik en om damme aan te vul vir estetiese waarde word uit ‘n boorgat op die eiendom voorsien.
  • Damme Die eiendom beskik oor twee damme wat afloopwater opvang en uit die boorgat aangevul kan word.

 

5. PRYS EN OORDRAGKOSTES

Daar is ‘n groot aanvraag na hierdie tipe eiendomme en maak die skaarsheid daarvan in die Ceresdistrik dit ‘n geleentheid wat hom nie elke dag voordoen nie. Die plaas word bemark vir ‘n koopprys van R 1, 85 miljoen (Een Miljoen Agt Honderd en Vyftig Duisend Rand), welke koopprys alle oordragkostes insluit. ‘n Koper wat vir BTW geregistreer is, kan die BTW wat ingesluit is by die koopprys, terugeis.

Ernstige belangstellende kopers is welkom om met Altus Joubert te skakel by altus@jvanvuuren.co.za of selfoon: 083 258 9355 vir die reël van ‘n inspeksie of die maak van ‘n aanbod.


 

Undeveloped and unspoiled, Cederberg/Koue Bokkeveld – R9.9 Million (neg)

6755 hectares of unspoiled and undeveloped land, approximately 80km from Ceres, bordering the Riet River Canyon.  Rock formations, large variety of fine rock art, caves and fynbos makes this property an ideal retreat for nature lovers.